Koeweit keer Al-Kaida aanval
2009-08-11 15:23
Koeweit – Die land het Dinsdag gesê dat hulle ‘n aanval van vermeende Al-Kaida lede op ‘n Amerikaanse weermagbasis gekeer het.
Hulle het ses burgerlikes in hegtenis geneem as gevolg van hulle rol in die komplot.
Die ses het ook beplan om ‘n aanval te loods op die staat se sekuriteitskantore en ander regeringsgeboue, het ‘n verklaring van die departement van binnelandse sake gesê.
Ongeveer 15 000 Amerikaanse soldate is in Koeweit gevestig en dit word ook as ‘n deurgang area gebruik om duisende Amerikaanse soldate na en van Irak te vervoer.
Die verdagtes het erken dat hulle die aanval op die Arifjan basis, wat naby die Saoedi grens is, beplan het, het die departement gesê.
Volgens die Dubai gebaseerde Al-Arabiya televisie was die aanval beplan om gedurende die Moslems se heilige maand van Ramadan, wat rondom 20 Augustus begin, uitgevoer te word.
- Sapa-AFP