Koelkop dokter haal lewendige patroon uit soldaat se kop
2010-04-12 15:30
Kaapstad – ‘n Amerikaanse dokter moes ‘n lewendige, plofbare patroon uit die kop van ‘n Afghaanse soldaat verwyder, berig die Huffington Post.
Die soldaat is verlede maand tydens gevegte in Afghanistan deur 'n 14.5 mm patroon met 'n plofkop getref.
Die dokter moes die ronde so gou moontlik uit sy skedel verwyder.
Die operasie het verlede maand by die Bagram-hospitaal plaasgevind.
Die dokters het eers gedink dis ‘n stuk skrapnel of koeëldoppie wat in sy kop vassit, het lt. kol. Anthony Terreri, ‘n radioloog, gesê.
Ten nadere ondersoek van die tomografie (CAT-skandering), het hy egter besef dit is ‘n baie groter probleem as wat hulle verwag het.
Hy het onmiddellik die breinchirurg, maj. John Bini, laat weet.
Bini het die operasiesaal en omliggende area ontruim en het saam met maj. Jeffrey Rengel, die narkotiseerder, die operasie in koeëlvaste klere voltooi.
Kliek hier vir die volledige storie.