Koeie raak 'heilig' in Nederland
2011-04-08 20:12
Amsterdam – Nederland, een van die eerste Europese
lande wat Jode toegelaat het om hul geloof uit te leef, wil nou ‘n wet maak wat die
rituele gebruik van diere in beide Joodse- en Islam-tradisies sal verban.
Die wetgewing word aangevoer deur ‘n onwaarskynlike
alliansie tussen ‘n dierergte party en die xenofobiese, Freedom Party.
Volgens die kampvegters vir wetgewing, ly
diere wat volgens halaal en kosher voorskrifte geslag word, te veel.
Die verregse Freedom Party kies om die
wetgewing te ondersteun weens hulle skerp vyandigheid tussen die
Moslem-bevolking in Nederland.
Die Party of Animals, die eerste ‘groen’-party
in die wêreld om tot ‘n parlement verkies te word, meen dat kulturele tradisies
nie wreedheid teenoor diere regverdig nie.
Die parlement sal die maand nog oor die
wetgewing stem.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AP