Koeëls tref die Withuis
2011-11-16 19:39
Washington – Die Amerikaanse geheime dienste
sê hulle het ‘n koeël wat een van die Withuis se koeëlvaste vensters getref het, gevind.
Nóg koeëls is daarna buite die Withuis
opgetel.
Die koeëls is Dinsdag gevind.
Vrydag is ‘n skietery naby die Withuis
geraporteer.
Getuies het skote in die area hoor afgaan en
twee motors wat met ‘n spoed weggery het, is gesien.
‘n AK-47 wat vermoedelik
deur die skieters gebruik is, is deur polisiebeamptes gevind.
Die geheime dienste het egter gesê dat Vrydag
se skietery nie noodwendig enigiets met die koeëls wat Dinsdag gevind is, te
doen het nie.
Intussen is 'n lasbrief vir die inhegtenisneming
van Oscar Ortega-Hernandez uitgereik.
Ortega-Hernandez was na bewering betrokke by Vrydag se
skietvoorval.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AP