Koalisiepoging in België misluk weer

2011-11-23 08:02
Tweets Share Share line Print

Den Haag – Altesame 526 dae ná die laaste algemene verkiesing in Junie verlede jaar in België het die soveelste poging om ’n nuwe regeringskoalisie te vorm, misluk. Die man wat premier sou word, Elio di Rupo, het aan koning Albert II verslag gedoen dat hy as “formateur”, soos dit genoem word, bedank.

Vier Nederlandssprekende en vier Franstalige Waalse partye het aan die onderhandelings deelgeneem.

Hulle het reeds ’n paar weke gelede een van die grootste struikelblokke, die groter voorregte wat Franssprekende kiesers in enkele munisipaliteite rondom Brussel geniet, opgelos. Oor dié probleem baklei die Vlaminge en Wale reeds dekades en die ooreenkoms was ’n egte deurbraak.

Baie waarnemers het toe gemeen die res van die onderhandelinge sou maklik wees. Hulle was verkeerd.

Naas die historiese teenstelling tussen Vlaminge en Wale het ’n ander historiese teenstelling nou ’n rol gespeel, dié tussen liberale en sosialiste. Toevallig is dit so dat die Vlaminge (moontlik weens hul welvaart) meer geneig is om die vrye mark te steun, en die Wale (dalk weens hul groter armoede) meer in die rigting van die sosialisme neig.

Die pylvak van die onderhandelinge het oor die komende begroting gegaan. België is een van die Europese lande waar die begrotingstekort en staatskuld te groot is, en sowel die Europese Kommissie as die markte eis ekonomiese hervormings.

Byvoorbeeld: Belge mag al op 52 jaar aftree as hulle wil. Dis onbekostigbaar, en die liberale wil dit verander, maar die sosialiste meen dis ’n onvervreembare reg en wil dit behou.

Uiteindelik het Di Rupo, ’n Waalse sosialis, gesien hy kom nie ’n millimeter verder nie, en handdoek ingegooi.

Die Europese Kommissie het België ingelig dat die begroting vir aanstaande jaar op 15 Desember afgerond moet wees, anders moet die land ’n boete van 700 miljoen euro betaal. Bowendien het die rentekoers op staatslenings tot 3,39% gestyg, waar dit in Oktober verlede jaar nog 1,69% was.

België dreig om heeltemal tot stilstand te knars. As Di Rupo – of iemand anders – die trein nie weer aan die loop kan kry nie, kan dit die begin van die einde vir dié land wees.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: belgië  |  politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ernst sê... Dit lyk vir my of daar geen einde aan die die knegskap en jammer sê is nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.