Knox-uitspraak: Vermoorde huismaat se familie praat
2011-10-04 12:11
Londen – Meredith Kercher se pa sê Amanda Knox en Raffaele Sollecito se vryspreking is “belaglik.”
Die vermoorde Brit se pa, John, sê die familie is “geskok” nadat Knox en haar eks-kêrel Maandagaand weer vrygelaat is, het Sky News berig.
Hy sê die uitspraak is “mal” en sê die familie wonder of enigiemand anders veroordeel sal word.
Mnr. Kercher het aan Daily Mirror gesê: “Dit is belaglik. Hoe kan hulle al die ander bewyse ignoreer?”
“Meredith het 47 wonde gehad en twee messe is gebruik. Dis onmootlik dat een mens dit gedoen het,” het hy bygevoeg.
“Wat gebeur nou? Beteken dit die polisie gaan vir nog moordenaars soek?”
‘n Appèlhof in Perugia, Italië, het Maandagaand Knox en Sollecito vrygespreek nadat hulle in 2009 skuldig bevind is vir die moord op Kercher, wat Knox se huismaat was.
Die hof het hulle vrygespreek nadat hulle teen hul aanvanklike skuldigbevinding geappelleer het.
Knox (24) en Sollecito (27) het amper vier jaar in ‘n tronk deurgebring.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.