Klopjag op Olympus-hoofkantoor uitgevoer
2011-12-21 12:03
Johannesburg - Japannese aanklaers het 'n klopjag in Tokio uitgevoer, op die hoofkantoor van die kamera-vervaardiger, Olympus, wat daarvan beskuldig word dat hy vir dekades reuse verliese toegesmeer het, berig RSG.
Die ondersoek is verskerp ná 'n paneel van kenners vroeër die maand gesê het twee voormalige senior uitvoerende beamptes van Olympus het die bedrog bedink en drie voormalige presidente van die maatskappy was bewus van die toesmeerdery.
Dit word beskou as een van die grootste korporatiewe skandale in Japan se geskiedenis.
Die maatskappy het aanvanklik enige skuld ontken, maar later toegegee dat hy vir dekades verliese geheim gehou het.
- RSG
Volg Nuus24 op Twitter