Klimmer sterf op berg in Alaska
2011-05-17 15:04
Anchorage – ‘n Bergklimmer van Italië het Maandagoggend op die berg McKinley in Alaska gesterf.
AP berig dat die 67-jarige man se dood die tweede sterfte in vyf dae is.
Die nasionale park se dienste sê bergklimmers het gesien hoe die man by die Denali-pas geval het.
‘n Wagter, Matt Hendrickson, en drie patrollielede is ontbied. Hulle het later bevestig dat Luciano Colombo van Mandello, Italië, aan sy traumatiese beserings beswyk het.
Colombo het glo 300 m ver geval.
‘n Switserse bergklimmer is Donderdag dood gevind. Die oorsaak van die klimmer se dood is nie bekend nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP