Kleuters by skool vergiftig
2011-08-01 22:54
Hanoi – Sowat 30 Vietnamese kleuters is in die
hospitaal opgeneem ná hulle melk besmet met ‘n skoonmaakmiddel, by die skool ingekry
het.
Volgens Dr. Huynh Thi Nguyet Phuong van die
General Hospital in Thuan An in die suide van Vietnam, was daar Chlooramine-B
in die melk.
Drie van die kinders was ernstig siek.
Hulle het
opgebring en van maagkrampe gekla.
Al die kinders is egter reeds Maandag ontslaan.
Onderwysers by die kleuterskool het per ongeluk
‘n ontsmetmiddel in plaas van pap by die kinders se daaglikse melkdrankie
gemeng.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA