Klein aardbewing skud San Francisco
2011-10-21 10:06
Oakland – ‘n Klein aardbewing het die San Francisco-gebied in die Amerikaanse staat Kalifornië getref.
Die aardbewing wat 4.0 gemeet het, het Donderdag om 14:31 (plaaslike tyd) plaasgevind. Die skudding het sowat 3,2 km suidoos van Berkeley ontstaan.
Jack Boatwright, ‘n seismoloog by die Amerikaanse geologiese opname (USGS), het die skudding as ‘n “skerp, klein aardbewing” beskryf.
San Francisco-polisiebeamptes en beamptes by die Universiteit van Kalifornië sê geen skade of beserings is onmiddellik aangemeld nie.
Tami Humphrey, direkteur van ‘n skool wat noord van Berkeley geleë is, was buite saam met haar leerlinge toe die aardbewing plaasgevind het.
“Ons het dit taamlik goed gevoel...” het sy gesê. Sy het bygevoeg dat die kinders nie die skudding opgemerk het nie.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP