Klein aardbewing ruk noorde van Italië
2012-01-25 14:30
Milan – ‘n Klein aardbewing het Woensdag die Reggio Emilia-provinsie in Italië geruk en kon in die stede van Milan en Turin in die noorde van Italië gevoel word.
Geen beserings is aangemeld nie.
Volgens Italië se geofisika-instituut het die aardbewing omstreeks 08:10 (GMT) geruk en het dit 4.9 op die Richterskaal geregistreer. Die aardbewing se episentrum was tussen die stede van Poviglio, Bresciello en Castel di Sotto geleë.
In Milan, handelshoofstad van Italië, kon die skuddings vir ‘n paar sekondes gevoel word. Geen merkwaardige skade is aangemeld nie.
Tussen Dinsdag en Woensdag is ‘n kleiner aardbewing wat 4.2 op die Richterskaal registreer in die Verona-provinsie in die noord-ooste van Italië geregistreer.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP