Klagtes van marteling by Afgaanse tronk
2012-01-07 18:31
Kaboel – Gevangenes in die Bagram-tronk in Afganistan is aan verskillende vorme van mishandeling onderwerp, insluitende marteling en aanranding, het ‘n verslag van die regering Saterdag gesê.
Die tronk word deur die VSA bestuur.
Die verslag is gepubliseer slegs dae nadat president Hamid Kardai beveel het dat die tronk en die gevangenes binne ‘n maand in die beheer van Afganistan geplaas moet word.
Die verslag is deur die parlementêre oorsigkomitee saamgestel.
Karzai is deur die komitee ingelig en sê hy is vertel van “baie gevalle van oortredings van die Afgaanse grondwet en ander wette van die land, die relevante internasionale gebruike en menseregte.”
Nietemin het die verslag Saterdag aan die media min besonderhede gegee oor die aantygings wat deur gevangenes gemaak is.
“Tydens ons besoek aan Bagram-gevangenis het sommige van die gevangenes gekla dat hulle gemartel word,” het die voorsitter van die kommissie, Gul Rahman Qazi, gesê.
Sommige gevangenes het ook gekla dat hulle in die tronk gehou word nadat hulle vonnis uitgedien is of hulle vrygespreek is.
“Tronke wat deur buitelanders binne Afganistan bestuur word, word glad nie in ons grondwet toegelaat nie, het Gul Rahman Qazi gesê.
Die VSA het Donderdag gesê dat die oordrag van die tronk na Afgaanse beheer op ‘n “verantwoordelike” wyse hanteer moet word en die twee regerings werk al ‘n geruime tyd daaraan.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP