Kitsvloede in Frankryk eis 20
2010-06-17 14:19
Parys - Streekbeamptes sê kitsvloede in die heuwels bo die Franse Riviera het die lewens van 20 mense geëis en 'n tronk en tehuis is ook intussen ontruim.
Nóg reën het volgens die streekadministrasie vir die Var-streek Woensdagaand en Donderdagoggend geval.
Reddingswerkers wat gestrande mense gered het, fokus nou daarop om opruimingswerk in die gebied te doen.
Woensdag se vloede het motors, bome en gedeeltes van huise in die heuwels agter 'n gedeelte van die Riviera, meegesleur.
Die administrasie het in 'n verklaring gesê 20 mense is dood en dat 12 mense wat Woensdag verdwyn het, intussen gevind is.
Volg Nuus24 op Twitter
- AP