Kinders versmoor in kattebak
2010-02-12 09:07
Kaapstad – ‘n Ma van twee jong kinders wie se liggame in die kattebak van ‘n motor gevind is, sal later in die hof verskyn in verband met hul moorde.
Harry (3) en Elise Donnison (2) is op 27 Januarie deur die polisie in die kattebak van ‘n Nissan-motor gevind, nadat hul ma in ‘n toestand by die polisiestasie opgedaag het.
Voorlopige verslae dui daarop dat die kinders moontlik versmoor het, en reeds 24 uur dood was, toe hul liggame gevind is.
Die 43-jarige Donnison is tans in aanhouding.
Vir die volledige storie, besoek Sky News