Kinders kry toestel vir bestraling
2011-06-30 08:27
Tokio – Toestelle om bestralingsvlakke te meet sal na sowat 34 000 Japanse kinders versprei word wat naby die beskadigde Fukushima-kernaanleg woon.
Dié besluit kom te midde van die groeiende bekommernis oor die veiligheid van kinders, soos die kernkrisis by die aanleg voortduur en moontlik langtermyn-gesondheidsprobleme inhou.
Amptenare van die stad Fukushima het gesê die toestelle, wat dosimeters genoem word, sal in September aan kinders tussen die ouderdom van 4 en 15 uitgedeel word.
Redelik hoë vlakke van bestraling is daar aangeteken sedert ’n aardbewing en tsoenami die kernaanleg in Maart erg beskadig het.
– Die Burger
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP