Kinders jaag handsakdief
2011-03-29 19:00
Florida (Amerika) - ‘n 12-jarige seun en sy 10-jarige suster in Amerika het agter ‘n vrou aan gejaag wat hul ma se handsak naby die hawe in Daytona Beach gesteel het.
Die polisie sê hulle het die 20-jarige Ashley Turner in hegtenis geneem nadat Angel Baldwin en sy suster, Carina, op die strand agter die vrou aangehardloop het. Die jonger kind het Turner in die badkamer van ‘n nabygeleë winkel in gevolg, waar Turner die handsak gelos en gevlug het.
Die owerhede het haar egter ongeveer ‘n blok weg vasgetrek. Sy word van diefstal aangekla.
Die kinders se ma, Angela Baldwin, het aan WFTV-TV gesê sy is trots op hulle, maar het gesê hulle moet volgende keer eerder om hulp roep.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP