Kinders beheer lugverkeer op JFK-lughawe
2010-03-04 14:03
New York - ’n Lugverkeerbeampte is geskors en ‘n ondersoek is van stapel gestuur nadat twee kinders met vlieëniers gekommunikeer het terwyl hulle voorberei het om op te styg.
Klankgrepe waarop twee kinderstemme gehoor kan word waar hulle besig is om met vlieëniers by die John F. Kennedy lughawe in New York te praat, het aan die lig gekom.
Die federale lugvaartowerheid (FAA) het die ondersoek geloods nadat die klankgrepe op ‘n webwerf vir lugverkeerbeamptes geplaas is.
Die operateur het die eerste aand sy seun werk toe gebring en hom toegelaat om ‘n paar roetineboodskappe oor die radio te gee.
Die tweede aand was daar ‘n ander kind saam met hom by die werk.
Kliek hier vir die volledige berig.