Kinderporno-netwerk oopgevlek
2011-10-01 22:28
Athene – Griekse owerhede het lede van 'n kinderpornografie-sindikaat vasgetrek in 'n reuse-operasie met die kodenaam Butterfly, het die polisie Saterdag gesê.
Griekeland se eenheid vir elektroniese misdaad het 11 mense in hegtenis geneem ná 'n operasie van vier maande lank in verskeie Griekse stede.
"Ná digitale analise wat vier maande lank geduur het, is 15 individue in stede in Griekeland geïdentifiseer wat betrokke is by die verspreiding van pornografie waarin kinders seksuele dade uitvoer," het die polisie gesê.
Die polisie het die huise van 15 mense deursoek en 11 mense is in hegtenis geneem.
Owerhede het 57 hardeskywe, vyf skootrekenaars en verskeie CD's en DVD's met duisende beelde van kinderpornografie daarop gekonfiskeer.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP