Kindermolesteerder vas
2009-11-04 04:22
Wene - ‘n Man van Oostenryk wat sy stiefdogter seksueel geteister het,is sewe jaar tot 'n tronk vir misdadigers met sielkundige probleme gevonnis.
Die man was een van 21 ander wat vasgetrek is na ‘n internasionale ingryping op ‘n kinderpornografiese netwerk.
Christian S (41) is ook skuldig bevind aan pornografiese foto’s op die internet gepubliseer het.
Hy het gereeld die dade vooraf op ‘n forum-blad aangekondig.
Die 11-jarige meisie is oor ‘n paar weke deur Chrisian S, ‘n slagter, gemolesteer.
Minstens 150 plekke in Oostenryk, Duitsland tot Amerika en Kanada is deur owerhede ondersoek na aanleiding van hul betrokkenheid in ‘n Duitse kinderpornografiese groep.
Een-en-twintig mense is in hegtenis geneem.
- Sapa