Kinderhandel 'n kwelpunt in Haïti
2010-01-28 11:46
Port-au-Prince - Mensehandel en die smous van menslike organe neem toe in die nadraai van die verwoestende aardbewing waarin duisende mense in Haïti dood is.
“Kinders en grootmense word verkoop vir hul organe want hulle het allerhande organe nodig,” het Jean-Max Bellerive, premier van Haïti tydens ‘n onderhoud met CNN gesê.
Die premier het nie enige besonderhede gegee nie, maar toe hy tydens die onderhoud gevra is of kinderhandel ‘n kwessie is, het hy positief geantwoord.
Haïti probeer om ontwortelde kinders op te spoor en te registreer.
Die kinders sal dan of by hulle eie families kan uitkom of deur ander families aangeneem word.
“Kinderhandel is een van ons grootste probleme op die oomblik,” het Bellerive gesê.
Kliek hier vir die volledige storie.