Kinderhandel aan die toeneem
2009-08-31 19:30
Wene – Die persentasie kinders wat in gevalle van mensehandel slagoffers is het tot een in vyf gestyg, het ‘n verslag Maandag gesê.
Die verslag is deur die organisasie ECPAT, wat kinder prostitusie, pornografie en handel bestry, vrygestel.
“Meer as 1.2 miljoen minderjariges word elke jaar reg oor die wêreld seksueel uitgebyt “, het die verslag, wat beoog om bewustheid oor die probleem te verbeter, gesê.
Volgens die verslag het die aantal gevalle van minderjariges wat slagoffers tot mensehandel val van 15% in 2003 tot 22% in 2007 gestyg.
Volgens kenners is die mensehandelindustrie sowat $32 biljoen (R284 miljard) per jaar werd. Dit is die derde mees winsgewende onwettige handelindustrie ná wapen en dwelms.
- Sapa