Kind wat bed natmaak met yswater gespuit
2010-09-29 02:47
Faversham, Kent – ‘n Pa wat sy agtjarige seun met yskoue water uit ‘n tuinslang natgespuit het nadat hy sy bed natgemaak het, kan tot tronkstraf gevonnis word.
Die 30-jarige, wie se naam vir regtelike redes nie genoem mag word nie, het erken dat hy sy kind aangerand het nadat die polisie die kind “opgekrul in ‘n bondeltjie” gevind het. Hy was yskoud ná sy 90-minuut ontbering.
Die pa het glo op sy seun gevloek nadat hy hom herhaaldelik met die tuinslang natgespuit het en die “blou en bewende kind” beveel het om in die tuin te bly totdat hy sy les geleer het.
Lees meer by iol
Volg Nuus24 op Twitter