Kind (3) uit vloede gered
2009-09-24 11:07
Ankara, Turkye - Die staatsmedia in dié land berig dat swaar reëns in die noord-ooste erge vloede veroorsaak het en dat minstens vier mense dood is in 'n grondstorting.
Sover word een persoon ook vermis.
Die Anatolia nuusagentskap het gesê drie mense is Woensdag dood naby Borcka in die Artvin-provinsie toe hulle huis ineen gestort het.
Reddingswerkers kon 'n driejarige kind red, maar die res van die familie word nog gesoek.
Volgens Anatolia is 'n bejaarde vrou naby die grens van Georgië ook deur die waters weggespoel.
Twee weke gelede is minstens 30 mense dood in vloede in Istanboel en ander dele in die noord-weste van Turkye. Die onlangse vloede word gereken as die ergste in agt dekades.
- Sapa-AP