Kierie-duikmerk help polisie om rowers uit te ken
2011-06-29 19:56
New Castle, Pennsylvania – ‘n Bejaarde vrou het twee rowers se
wegkom-motor met haar kierie geslaan en sodoende die polisie gehelp om die
skuldiges uit te ken.
Twee rowers het die 89-jarige vrou en ‘n
vriendin van haar (82) se handsakke buite ‘n pizza-winkel in New Castle gegryp, vertel die polisiehoof van New Castle, Thomas
Sansone.
Hulle het in ‘n motor ingespring en weggejaag,
maar nie voor die een vrou die motor hard op die kattebak met haar kierie
bygekom het nie.
Die polisie het die motor opgespoor en, danksy
die vroue se beskrywing van die mans en die duikmerk op die kattebak, die mans in hegtenis geneem.
Volg Nuus24 op Twitter.