Kerkganger steek priester aan die brand
2011-05-20 19:42
Vilinius – ‘n Litause man het ‘n Rooms Katolieke priester
tydens ‘n kerkdiens met ‘n vlambare vloeistof natgegooi en aan die brand
gesteek.
Remigijus Kuprys (46) kon gelukkig met die
hulp van ander kerkgangers, die vlamme doodslaan.
Hy het egter brandwonde aan sy gesig opgedoen.
Die aanval het Donderdag tydens ‘n diens in
Jonava, Litaue, plaasgevind.
‘n Man (42) het tydens die diens ‘n vlambare
vloeistof op Kuprys gesproei en dit met ‘n sigaret aansteker aan die brand
gesteek.
Die rede vir die aanval is nie bekend nie, het
die polisie gesê.
“Daar is verslae dat hy in die verlede
kerkdienste ontwrig het deur vreemde stellings uit die gehoor uit te skree.
“Ondersoekbeamptes sal waarskynlik
psigiatriese toetse uitvoer,” het offisier Mindaugas Juknys gesê.
Die verdagte het homself glad nie verset toe
die polisie kom om hom in hegtenis te neem nie.
Hy kan tot 10 jaar tronkstraf vir aanranding
ontvang.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP