Katolieke priester verkrag glo jong meisie
2010-08-24 19:02
Berlyn – ‘n Katolieke priester is daarvan aangekla dat hy ‘n minderjarige meisie verkrag het, het Duitse staatsaanklaers Dinsdag gesê.
Die priester (50) het glo die meisie vanaf 1990 oor ‘n periode van drie jaar mishandel. Sy was ten tyde van die voorval veertien jaar oud.
Hy het glo vir haar gesê dat sy “nie hemel toe sal gaan” as sy nie onderdanig is nie, het Alexander Retemeyer, woordvoerder vir die staatsaanklaers, aan AFP vertel.
Hermann Haarmann, ‘n woordvoerder vir die biskoplike gebied in Osnabrueck, westelike Duitsland, waar die beweerde verkragting plaasgevind het, sê die priester is in Maart geskors toe die vrou hom van die misdaad aangekla het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP