Kat-vrou is min gespin

2010-08-26 05:29
Tweets Share Share line Print

Londen – Die Britse vrou wat die teiken van ‘n haatveldtog op die internet geword het nadat sy op kamera gevang is waar sy ‘n kat in ‘n vullisdrom gooi, sê sy verstaan nie “waaroor die bohaai gaan nie”.

Mary Bale, ‘n 45-jarige bankwerker, het aan The Sun gesê sy het die kat in die drom gegooi “as ‘n grappie”. Sy het bygevoeg: “Dis net ‘n kat.”

Die kat, Lola, het vir 15 ure in die drom vasgesit totdat haar eienaars, Darryl en Stephanie Mann, haar hoor miaau het.

Hulle het uitgevind wat gebeur het nadat hulle beeldmateriaal van ‘n kringtelevisiekamera by hul huis nagegaan het. Hulle het dié kamera geïnstalleer omdat ander voertuie gedurig hul motor gestamp het.

‘n Facebook-veldtog is teen Bale geloods, met sommige mense wat selfs doodsdreigemente maak.

Bale sê egter die mense “oorreageer”.

“Ek weet nie waaroor die bohaai gaan nie. Dis net ‘n kat.”

Bale het verduidelik sy het van die werk af huis toe gestap toe sy die kat sien en dit begin streel het.

“Ek weet nie wat oor my gekom het nie, maar ek het net skielik gedink dit sal snaaks wees om die kat in die drom te sit, wat regs lank my was.

“Ek het dit as ‘n grappie bedoel omdat ek gedink het dit sou snaaks wees. Ek het nooit gedink dit sou vasgevang wees nie, ek het gedink dit sal net uit die drom uit wriemel.

“Mense lees te veel in dinge in. Ek het geen gevoelens, goed of sleg, oor katte nie.”

Die polisie sê Bale het nie ‘n kriminele oortreding began nie, maar die Koninklike Vereniging vir die Verhindering van Wreedheid teenoor Diere het ‘n ondersoek geloods en sal met haar praat.

Kyk hier na die beeldmateriaal.
 

- SAPA

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: katte  |  dieremishandeling

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Dit bly maar tragies. En dit net omdat die president van Sirie wat deur nepotisme die pos van sy pa ontvang het. Wys n mens net hoe vinnig n diktator geskep word. Hoe se: "Abdel Rahman het gesê die internasionale gemeenskap moet “reageer” op die geweld." Waar is Rusland en China nou? Hulle het die resolusie ge-veto. Wereld politiek word by die dag sieker en sieker. 13000 DOOD, vir wat? Om n familie besigheid te beskerm? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2004
R 139,900.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl MY05
2006
R 139,900.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2006
R 199,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.