'Kaptein van skande' wou glo in taxi vlug

2012-01-18 07:01
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die “kaptein van skande” van die Italiaanse passasierskip Costa Concordia het glo probeer om in ’n taxi weg te kom van die toneel waar sy skip op die rotse geloop het.

The Telegraph het berig daar is in die Italiaanse media genoem die kaptein, Frances­co Schettino, wou in ’n taxi wegry. Beamptes van die kuswag was glo verstom en het Schettino gevra of hy wil huis toe gaan. Die gesprek is glo deur die hawe-owerheid opgeneem.

Daar word aangevoer Schettino het opdragte verontagsaam om na sy skip terug te keer en beheer te neem.

Schettino het blykbaar slegs geantwoord “alles is oukei”.

Die kaptein word ook daarvan beskuldig dat hy eers 70 minute nadat die skip die rotse by die eiland Giglio aan die Italiaanse kus getref het die opdrag gegee het dat passasiers dit moet ontruim. Só berig die Italiaanse media nadat ’n staatsaanklaer, adv. Francesco Verusio, dit gister in ’n hof in Grosseto beweer het.

Schettino word aangehou nadat hy gister deur Italiaanse staatsaanklaers ondervra is.

Die Suid-Afrikaners wat oorleef het, sal teen die einde van die week na Suid-Afrika terugkeer, het mnr. Lebohang Mahlako, sekretaris by die Suid-Afrikaanse konsulaat in Rome, Dinsdag aan Die Burger gesê.

Twee ander Suid-Afrikaners, Laurence en Andy Davis, woon in Kanada en sal daarheen terugkeer.

Mahlako het besoek afgelê by Mike van Dijk en sy vrou, Narina, van Pretoria, sowel as by Faizal Agjee en sy gesin van Pietermaritzburg.

Hulle gaan tuis in ’n hotel wat deur die skeepsmaatskappy verskaf is. Volgens Mahlako gaan dit goed met hulle en niemand is beseer nie.

Me. Van Dijk het ná die voorval haar geliefdes op Facebook laat weet hulle leef: “Aan al ons pelle en belangstellendes en oproepies. thx a mil. ONS LEWE en is ok. baie deurmekaar nog maar ambassade gelukkig vir ons die basics gebring. wat ’n nagmerrie ondervinding!!!!!!!!”

Intussen is nog vyf lyke Dinsdag in die romp gevind, wat die dodetal op 11 te staan bring. Nog 24 mense word vermis.

–  SAPA-AFP, SAPA-dpa en Reuters

– Volg Nuus24 op Twitter

Lees meer oor: seerampe  |  skeepsramp  |  ongelukke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Dit bly maar tragies. En dit net omdat die president van Sirie wat deur nepotisme die pos van sy pa ontvang het. Wys n mens net hoe vinnig n diktator geskep word. Hoe se: "Abdel Rahman het gesê die internasionale gemeenskap moet “reageer” op die geweld." Waar is Rusland en China nou? Hulle het die resolusie ge-veto. Wereld politiek word by die dag sieker en sieker. 13000 DOOD, vir wat? Om n familie besigheid te beskerm? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2004
R 139,900.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl MY05
2006
R 139,900.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2006
R 199,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.