Kangaroe val vrou (94) aan
2011-07-26 17:05
Canberra – Twee Australiese polisiebeamptes het pepersproei gebruik om ‘n kangaroe weg te jaag wat ‘n bejaarde vrou in haar agtertuin aangeval het.
Senior sers. Stephen Perkins, hoof van die polisie in die dorp Charleville, sê hy het nog nooit vantevore gehoor van polisielede wat pepersproei gebruik om kangaroes weg te jaag nie. Hy sê die taktiek het gewerk.
Phyllis Johnson (94) is na ‘n hospitaal geneem om vir snye en kneusplekke behandel te word nadat die dier haar aangeval het. Kangeroes is oor die algeneem nie bekend daarvoor dat hulle mense aanval nie.
Sy het aan die koerant The Courier Mail gesê dat sy probeer het om die kangaroe met ‘n besem weg te jaag nadat die dier haar aangeval het.
Johnson sê sy was besig om wasgoed op te hang toe die kangaroe haar aangeval het.
Volgens Perkins het wildbewaarders die kangaroe later vasgekeer.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP