Kangaroe probeer hond verdrink
2009-11-23 10:51
Melbourne, Australië – ‘n Niksnuts van 'n kangaroe het Sondag probeer om ‘n hond te verdrink, en toe die hond se eienaar wreedaardig aangerand toe hy ‘n reddingspoging wou aanwend, het paramedici Maandag gesê.
Die kangaroe het die hond by 'n dam naby Melbourne onderwater gehou. Hy het ook diep skeurwonde regoor die 49-jarige eienaar se gesig en liggaam gelaat, toe hy wou induik om sy dier te red.
“Die eienaar het in die dam geduik, en dit reggekry om sy hond te bevry, maar hy was in die proses beseer,” het Michael Vosbergen, ‘n paramedikus gesê.
“Hy het diep snye regoor sy onderlyf, gesig en oog opgedoen, asook ‘n paar skrape aan sy bors en arms.”
Die man was by ‘n nabygeleë hospitaal behandel.
- Sapa-AFP