Kandahar-burgemeester sterf in selfmoordaanval
2011-07-27 08:52
Kandahar, Afganistan – Die burgemeester van Kandahar, die grootste stad in suid-Afganistan en geboorteplek van die Taliban, is Woensdag in 'n selfmoordaanval dood, het polisie gesê.
Ghulam Haidar Hameedi is dood toe 'n selfmoordbomaanvaller plofstowwe, wat in sy tulband versteek was, detoneer het waar die burgemeester 'n groep mense by die stadsaal toegespreek het, het polisie-generaal Abdul Raziq aan AFP gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP