Kanarie Eilande maak gereed vir vulkaniese uitbarsting
2011-09-26 20:02
Santa Cruz – Geringe skuddings is op die eiland El Hierro gevoel, wat
moontlik ‘n aanduiding is dat ‘n vulkaan binnekort op die Kanarie Eilande van
Spanje gaan uitbars.
Sowat 8
000 skuddings is sedert 19 Julie waargeneem, het Maria Jose Blanco, direkteur van die
Kanarie-eilande se Nasionale Instituut van Geografie, gesê.
Daar was Maandag meer as 30 skuddings.
Die meeste van die skuddings is egter te lig vir
inwoners om bewus te wees daarvan.
Die sterkste tot dusver was ‘n 3.4-skudding,
wat wel oor die hele eiland gevoel is.
Die aardbewings is ‘n aanduiding dat daar
magma-materiaal is wat na die oppervlakte opstoot.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA