Kanadees kan tot 50jr. sit vir kinderpornografie
2010-09-28 03:42
Newark, New Jersey – ‘n Kanadese man sal Maandag gevonnis word nadat hy erken het dat hy betrokke was in ‘n internasionale pedofiel-sindikaat wat hy uit Thailand bestuur het.
John Wrenshall kan tot 50 jaar tronkstraf gevonnis word wanneer hy Maandag in ‘n hof in Newark, New Jersey, verskyn.
Wrenshall het skuldig gepleit op drie aanklagtes, insluitende sameswering om in seks-toerisme betrokke te raak en die vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie.
Die 63-jarige was in besit van grafiese materiaal van die mishandeling van seuns van so jonk as vier jaar oud.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP