Kaal man val sy bure aan
2011-08-24 22:56
New York – ‘n Man wat sonder ‘n draad klere aan by mense
in sy woonstelblok aangeklop het en dié wat oopgemaak het met ‘n mes gesteek
het, is in hegtenis geneem.
Hy het een persoon doodgesteek en vier ander
beseer.
Christian Falero (23) is in hegtenis geneem op
aanklagte van moord en diefstal.
Falero het aan verskeie deure van sy
woonstelblok in Washington Heights, Manhattan, aangeklop en diegene wat oopgemaak het met
‘n mes aangeval.
‘n Bejaarde inwoner, Ignacio Reys-Collazo (81)
is doodgesteek terwyl drie ander vroue, tussen die ouderdom van 60 en 85 jaar, beseer
is.
Hy het ‘n 22-jargie vrou ook met die vuis geslaan.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AP