KKK-sneeuman ontstel gemeenskap
2010-12-03 16:13
Kaapstad – ‘n Wit separatis van Idaho wie se sneeuman lyk soos 'n lid van die Ku Klux Klan (KKK) met 'n galgtou in sy hand, het wyd opslae gemaak, berig die Daily Mail.
Die sneeuman lyk presies soos ‘n KKK-lid, kompleet met ‘n puntvormige “kappie” en twee oë wat skynbaar van agter die kenmerkende uitrusting loer.
In sy hand hang daar ‘n galgtou.
Owerhede het die eienaar van die huis, Mark Eliseuson, gewaarsku dat hy van ‘n misdaad aangekla kan word, waarna Eliseuson die sneeuman se kop verwyder het.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.