Juweelrower gaan lank sit

2010-08-07 09:49
Tweets Share Share line Print

Londen – Die vermomde gewapende man wat by ’n luukse juwelierswinkel ingebars en een van Brittanje se grootste rooftogte ooit uitgevoer het, is gister tot 23 jaar tronkstraf gevonnis, presies ’n jaar ná die misdaad.

Amam Kassaye (25) was deel van ’n goed georganiseerde bende wat weggekom het met juwele ter waarde van meer as £40 miljoen (R461 miljoen) by die Graff Diamonds-winkel in Bond Street, Londen. Hul buit moet nog teruggevind word. Versekeraars het ’n beloning van £1 miljoen (R11,53 miljoen) aangebied vir inligting wat tot die opsporing daarvan kan lei.

Kassaye het die winkel binnegegaan, ’n geweer teen die winkelassistent, me. Petra Ehnar, se rug gedruk en haar gedwing om die vertoonkaste leeg te maak. Sy is tydelik as gyselaar aangehou voordat hy en ’n medepligtige gevlug het.

Kassaye se verdedigingspan het in die hof beweer dat die rooftog op 6 Augustus 2009 nie deur Kassaye uitgevoer is nie, maar eerder “deur iemand wat merkwaardig baie soos hy gelyk het”.

Ehnar het hom egter as die rower uitgeken. Die aanklaer, mnr. Philip Bennets, het aan die jurie gesê haar aanvaller se spesiale karaktertrekke “sal vir ewig in haar gedagtes ingeëts wees”.

Kassaye en sy bende het professionele grimering en ’n reeks wegkomvoertuie gebruik, asook spervoertuie om die polisie te vertraag, en sy wapen telkemale afgevuur om winkelgangers en omstanders te laat duik vir veiligheid.

Drie ander betrokkenes – Solomun Beyene, Clinton Mogg en Thomas Thomas – is elk tot 16 jaar tronkstraf gevonnis.

- Sapa - AP

Lees meer oor: brittanje  |  rooftogte

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Dit bly maar tragies. En dit net omdat die president van Sirie wat deur nepotisme die pos van sy pa ontvang het. Wys n mens net hoe vinnig n diktator geskep word. Hoe se: "Abdel Rahman het gesê die internasionale gemeenskap moet “reageer” op die geweld." Waar is Rusland en China nou? Hulle het die resolusie ge-veto. Wereld politiek word by die dag sieker en sieker. 13000 DOOD, vir wat? Om n familie besigheid te beskerm? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2004
R 139,900.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl MY05
2006
R 139,900.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2006
R 199,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.