Juweeldiewe vas ná £40 miljoen rooftog
2009-08-20 10:30
Londen – Die Britse polisie het twee mans in hegtenis geneem in verband met een van Brittanje se grootste juweeldiefstalle.
Die mans is Woensdag in hegtenis geneem. Geen verdere besonderhede is beskikbaar nie.
Die polisie het ‘n grootskaalse soektog na die mans gelas nadat die twee netjies gekleede , gewapende mans het by ‘n juwelierswinkel in Londen-sentraal ingestap het en talle ringe, hangertjies, en horlosies gesteel het.
Die waarde van dié juwele beloop sowat £40 miljoen (sowat R527 miljoen).
Die mans het ‘n sekerheidswag gewond toe hulle uitstap en later op mense wat wou ingryp, geskiet.
– Sapa-AP