Jou gene bepaal of jy drinkebroers na-aap

2010-07-26 08:23
Tweets Share Share line Print

Nederland - Wat gebeur wanneer jy by die kroeg instap en sien hoe een van jou vriende ’n koue bier bestel?

Koop jy dadelik ook een en drink saam, of hou jy by jou voornemens om net ’n gaskoeldrank te drink?

Navorsers van Nederland het pas bevind jou gene bepaal in watter mate jy deur jou vriende beïnvloed word om saam te drink.

Luidens ’n artikel in Psychological Science, ’n joernaal van die internasionale vereniging vir die wetenskap van sielkunde, verhoog alkohol dopamienvlakke in die brein.

Dopamien is ’n chemiese stof wat plesier verskaf en mense laat goed voel.

Vorige studies het getoon die dopamienreseptor-geen (DRD4) is betrokke by mense se motivering om belonings te soek.

Navorsers van die Radboud Universiteit in Nederland het ’n variant van dié geen ondersoek om te kyk of dit ’n rol speel by die feit dat sekere mense begin smag na alkohol in reaksie op sekere seine in die omgewing.

Vrywilligers is na ’n laboratoriumkroeg genooi. Die vertrek is versier nes ’n Nederlandse kroeg.

Hul taak was om punte toe te ken vir ’n reeks advertensies en dan ’n ’n halfuur ruspouse te neem.

In dié pouse kon hulle enige alkoholiese of nie-alkoholiese drank by die kroeg drink.

Sekere deelnemers is vooraf aangesê om dadelik drank te bestel.

Die navorsers het gekyk watter ander deelnemers volg hul voorbeeld en speekselmonsters is geneem vir DNS-toetse.

Die resultaat het getoon daar was ’n ooreenstemming tussen die hoeveelheid wat die drinkers gedrink het, die geenvariant in die speeksel en die ander deelnemers se drinkgedrag.

As die drinkers meer as drie of vier drankies geneem het, het deelnemers met die spesifieke geenvariant meer as twee keer meer gedrink as deelnemers sonder die geenvariant.

As die drinkers net een drankie gedrink het, was daar geen verskil tussen die gedrag van dié met die geen dra en dié daarsonder nie.

Die navorsers meen draers van die DRD4-geenvariant wat bestudeer is, is wanneer hulle tyd deurbring saam met hul drinkebroers dalk meer geneig as ander om baie te drink of drank te misbruik.
 

Lees meer oor: navorsing

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Paul sê... Ook maar mens ook maar lus....... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Isolated tstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-27°C Passing showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Light rain. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2002
R 49,995.00

MINI

Cooper Hatch R56 1.6 3-dr
2008
R 149,900.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY96
1999
R 65,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.