Jordanië moedig beskerming van gaspyplyn aan
2012-01-02 09:33
Amman – Jordanië het Egipte aangemoedig om gas wat hy aan Jordanië en Israel verskaf te beskerm nadat saboteurs die Sinai-pyplyn verlede jaar nie minder nie as tien keer aangeval het, het die minister van vervoer Sondag gesê.
“Ek het ‘n vergadering met Kamal al-Ganzuri, die Egiptiese premier, gehad. Ek het ‘n beroep gedoen op die opskerping van veiligheid rondom die pyplyn om te verseker dat daar geen ontwrigting aan die verskaffing van gas sal wees nie,” het Alaa Batayneh aan Petra, ‘n amptelike nuusagentskap, gesê.
Volgens Egiptiese media het Kaïro ‘n aanbod van Jordanië, om ekstra beskerming vir pyplyn te verskaf, van die hand gewys.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP