Jongste Everest-klimmer reg vir nog
2010-05-27 15:53
Katmandu, Nepal – Die 13-jarige Amerikaanse seun wat die jongste persoon geword het om die berg Everest te klim, het Donderdag gesê hy beplan om later vanjaar Cho Oyu- berg, die wêreld se sesde hoogste piek, aan te pak.
Jordan Romero van Kalifornië het aan verslaggewers gesê hy beplan om die 8 201 m hoë berg gedurende die herfsseisoen te klim.
Die regering in Nepal verhoed klimmers onder sestien om hoë bergpieke uit te klim, maar in China is daar nie sulke reëls nie.
Romero het verlede naweek op Everest se piek van die Chinese kant af aangekom en Woensdag weer in Nepal aangeland.
Sy doel is om graag die hoogste berge op elk van die sewe kontinente te klim.
Volgens hom het hul ekspedisie na Everest goed afgeloop, behalwe vir die sterk winder wat hulle moes trotseer.
- Sapa-AP
Volg Nuus24 op Twitter.