Jong sokkerspelers sterf in tragiese padongeluk
2011-11-04 10:06
Buenos Aires – Minstens agt mense, waaronder vyf lede van ‘n jong sokkerspan, is Donderdag laatmiddag in ‘n padongeluk in Argentinië dood, het amptenare in die land gesê.
Die minibus wat die kinders, almal tussen die ouderdom van ses en 10, vervoer het, het sowat 180 km buite die hoofstad Buenos Aires ‘n vragmotor getref, het Ruben Golia, die burgemeester van die stad Chacabuco, gesê.
Golia het gesê nog 13 mense is in die ongeluk beseer.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP