Jong monnik steek homself aan die brand vir Tibet
2011-10-03 22:56
Beijing – ‘n Aktiviste-groep vir Tibet sê nóg ‘n monnik
het homself aan die brand gesteek in protes teen China se houvas op Boeddhistiese
gebruike.
Free Tibet het gesê dat die 17-jarige seun ‘n
monnik by die klooster in Kirti in die Chinese provinsie Sichuan was.
Luidens ‘n verklaring deur Free Tibet is dit die
vyfde keer in die afgelope jaar dat ‘n monnik homself in protes aan die brand steek.
Kort voordat die jong monnik homself aan die
brand gesteek het, het hy ‘n kreet om godsdienstige regte en vrede in Tibet
uitgeroep.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP