Jong man 100 uur ná aardbewing gered
2011-10-27 23:06
Ercis – ‘n Jong man is 100 ure nadat ‘n
kragtige aardbewing Turkye geruk het, deur reddingswerkers in Ercis gered.
Volgens Kanal 24, ‘n Turkse nuusstasie, is die man, Aydin Palak, ‘n 18-jarige student.
Die Anatolia-nuusagentskap het egter berig dat
hy in sy laat twintigs is.
Palek is onder die puin van ‘n gebou in Ercis
uitgehaal.
Ercis is die ergste geraak deur die 7.2-aardbewing wat Turkye verlede naweek getref het.
Palek is na ‘n hospitaal in Ercis gehaas, waar
mediese personeel gesê het sy toestand is stabiel.
Hy is egter na ‘n hospitaal in een van Turkye
se groter stede geneem vir verdere behandeling.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP