Jong bomaanvaller in skooluniform vermom
2011-02-10 10:01
Kaapstad – Minstens 27 soldate is dood en 40 ander is beseer toe ‘n jong selfmoordbomaanvaller, wat ‘n skooluniform gedra het, troepe by ‘n oefenkamp in Pakistan geteiken het, het Sky News berig.
Donderdag se voorval, wat in die noordwestelike dorp van Mardan gebeur het, is een van die ergste aanvalle wat onlangs op sekuriteitsmagte uitgevoer is.
Die weermag het die oorledenes en omstandighede in ‘n verklaring bevestig.
Volgens ‘n polisiebeampte, Abdullah Khan, is sekere van die beseerde soldate in ‘n kritieke toestand.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.