John Lennon se toilet vir duisende rande verkoop
2010-08-29 01:19
Kaapstad – ‘n Toilet wat deur die musiek-legende John Lennon gebruik is, is vir £9 500 (sowat R107 600) by ‘n veiling verkoop.
Dié toilet, wat uit porselein gemaak is, is deur die Beatles-sanger gebruik toe hy in Tittenhurst Park in Berkshire, Engeland tussen 1969 en 1972 gewoon het.
Die toilet sou na verwagting teen ‘n prys van £1 000 (sowat R11 300) verkoop word, maar ‘n buitelandse aandeelhouer het dit vir £9 500 (sowat R107 600) by die jaarlikse Beatles-byeenkoms in Liverpool gekoop.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.