Joernaliste in Somalië ontvoer
2009-07-17 16:08
Mogadisjoe, Somalië - Twee Franse joernaliste is volgens polisie deur gewapende mans Dinsdagoggend vanuit dié hoofstad ontvoer.
"Twee buitelandse joernaliste is vaoggend deur 'n groot groep gewapende mans ontvoer", het mnr. Mohamed Ali, Somaliese polisiewoordvoerder, aan AFP gesê.
Die ontvoering het by 'n hotel plaasgevind waar die twee joernaliste gewoon het.
-AFP