Joernaliste bevry uit hotel in Tripoli
2011-08-24 20:29
Tripoli – Internasionale joernaliste sê hulle is uit die
Rixos-hotel bevry nadat hulle dae lank aangehou is deur gewapende mans lojaal
aan Muammar Gaddafi.
Die CNN-korrespondent Matthew Chance skryf op Twitter dat hy en
joernaliste van verskeie ander nuusorganisasies die hotel in ’n motor verlaat
het.
Die joernaliste is vroeër deur twee wagte met Kalashnikov-gewere
aangehou. Die wagte het geweier om hul poste te verlaat ondanks rebelle-oorwinnings
elders in die stad.
Die AP-verslaggewer wat die hotel vroeër vandag binnegegaan het,
het die joernaliste op die tweede verdieping aangetref. Hulle het valhelms en
koeëlvaste baadjies gedra. ’n Wag het geweier dat hulle die gebou verlaat.
Volg Nuus24 op Twitter.