Joernalis, ingenieur in Colombia ontvoer
2012-07-25 23:00
Bogotá – 'n Joernalis en 'n ingenieur, wat vir 'n Kanadese maatskappy gewerk het, is deur ongeïdentifiseerde aanvallers in Colombia se oostelike Arauca-provinsie ontvoer," het amptenare Woensdag gesê.
Die twee vroue, wat geïdentifiseer is as die radiojoernalis Elida Parra en omgewingsingenieur Gina Uribe, is Dinsdag uit hul huise in die dorp Saravena deur mans in burgerklere ontvoer.
Albei vroue werk vir maatskappye wat betrokke is by die R32 miljard-konstruksie van die Bicentenario-oliepyplyn.
Rebelle het hul aanvalle in onlangse weke in die Arauca-provinsie verskerp.
die Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP