Joernalis Marie Colvin dood in Homs-aanval
2012-02-22 13:31
Londen – Marie Colvin, 'n joernalis vir die Britse Sunday Times, en 'n Franse fotograaf is luidens berigte in die Siriese stad Homs dood ná 'n bomaanval op die huis waarin hulle tuisgegaan het.
Colvin, 'n Amerikaner, en die fotograaf Remi Ochlik is albei in die aanval dood, het opposisie-aktiviste en getuies gesê.
Die twee joernaliste is deur 'n vuurpyl getref terwyl hulle van die toneel probeer vlug het, het Reuters berig.
Colvin, wat altyd 'n swart oogklap gedra het ná sy in 2001 in Sri Lanka haar oog verloor het toe sy deur skrapnel getref is, was die enigste joernalis van 'n Britse koerant in Homs.
Minstens twee ander Westerse joernaliste is gewond ná meer as 10 vuurpyle glo die huis getref het.
– Lees hier meer, of kliek hier vir Colvin se laaste verslag vanuit Homs (Waarskuwing: Ontstellende beeldmateriaal).
– Volg Nuus24 op Twitter.