Jerusalem: Bom ontplof by busstasie
2011-03-23 19:00
Jerusalem - Twintig mense is gewond toe ‘n bom Woensdag ontplof en deur ‘n bus buite Jerusalem se sentrale busstasie geskeur het, het mediese beamptes gesê.
Drie mense is ernstig beseer.
Israelse beamptes en die polisie het bevestig die ontploffing is deur ‘n bom veroorsaak. Die bom is blykbaar langs ‘n telefoonhokkie by die busstasie gelos.
“Die bom was in ‘n sak wat by die busstasie gelaat is,” het die minister van interne veiligheid, Yitzhak Aharonovitch, aan verslaggewers op die toneel gesê.
Spanning loop tans hoog langs die Gaza-grens, waar daar onlangs ‘n toename in missielaanvalle deur Palestynse aanvallers en Israelse lugaanvalle was.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP